Leefstyl

Die nagmerrie van Jan Tuisbly se karretjie

Google+ Pinterest LinkedIn Tumblr

My idee van vakansie hou is nie om met Jan Tuisbly se karretjie te ry nie. Ek hou nie daarvan om stil te sit op een plek behalwe as dit op ‘n strand is.

Die jaar met ‘n klein babatjie kon ons nie see toe of Kruger Wildtuin toe ry nie, ons moes die tuisbly-ding doen. Boonop bly ons in een van daardie versamelvoëlneste bo-op iemand anders – ek kla nie, ek sê net dat ons nie ‘n tuin het nie.

Plus die nagte en dae was ook maar deurmekaar. Elke tweede aand het jy ‘n beurt om onder by die kinders te slaap en ter alle ure moet bottels en doeke ruil. Naderhand was die dae net een lang slapelose hel.

Ek is dankbaar om die tweede dag van die jaar al agter my rekenaar te kon inskuif en te begin werk. Dit was dalk ‘n hoogtepunt van die vakansie.

Johannesburgse blogger en vryskutskrywer met 3 katte, 2 kinders en ‘n Ier wat nie weet wat dit is om stil te sit nie. Die familie is vol swerflus, groot planne en baie drome.

Skryf jou opmerking