… as dit so stil is
voel dit asof ek op ‘n rots
in die middel van ‘n onstuimige see sit,

sout , eet my oë
en water, wil my meermin maak…

al wat my bo hou,
is vrees vir die ewigdurende stilte,
die donker isolasie

‘n pêrelskulp omboei my hart.
so, keer ek terug na vasteland.

vasteland wil nog troos
skulp wegwring,
maar ampervis is nie meer heelmens…
gril vir warm troos
swem eerder in donker poel

…as dit so stil word,
verlang ampervis om weer heelmens te wees!

Author

Johannesburgse blogger en vryskutskrywer met 3 katte, 2 kinders en ‘n Ier wat nie weet wat dit is om stil te sit nie. Die familie is vol swerflus, groot planne en baie drome.

Skryf jou opmerking