eenmaal, in ‘n ander leeftyd
was my lewe amper daar
maar een somersaand
is my tas vir my gepak
my huis se deur voor my gesluit
verdwaas het ek gesit en trane vee
met min nommers wat middersnag sou ontwaak
en vir my ‘n kussing sou kon gee
laat daardie donker nag
het iemand my
die dag daarna het my swerwe begin
vertoef ‘n dag of twee by elke huis wat oopgaan
dertig lange dae sonder vaste huis

in herfs het ek stil in my huis getrek
en my gebokste lewe uitgepak
om oor te begin
op my eie
met net wat nodig is

laat in die lente
het ek die eerste blomme raakgesien
en een saam huis toe gebring

maande later het die see finaal my skoongewas
en ek het belowe om als te laat gaan

Author

Johannesburgse blogger en vryskutskrywer met 3 katte, 2 kinders en ‘n Ier wat nie weet wat dit is om stil te sit nie. Die familie is vol swerflus, groot planne en baie drome.

Skryf jou opmerking