Leefstyl

Onvrugbaar: IVF, hartbreek en more staan ons weer op

Google+ Pinterest LinkedIn Tumblr
Onmoontlik. Nooit. Woorde wat ek geweet het gaan kom, maar hulle het my steeds platgeslaan. Ek onthou daardie dag nog goed. Ons het die spesialis weer gaan sien om die uitslae te hoor van my toetse van die vorige maand. My man het my hand stuif vasgehou, beide van ons was moeg van te min slaap die vorige aand. Hy het net daar gesit met ‘n stapel pasienteleers op sy tafel. Hy het ons skaars gegroet voor die slegte nuus uit sy mond geval het. Hy het gesê dat dit hoogs onmoontlik sal wees dat ek ooit my eie kinders sou hê en met my lae eier-reserwes hy ons sou aanraai om liefs geskenkte eiers te oorweeg. Ek sou ook iemand moes kry wat vir my kinders kan dra want endometriose het meer as net nesgeskop in my baarmoeder en niks sou kon vasheg. Drie maande, dis hoe lank ek gehuil het. Toe ek opstaan het ek 2 dinge geweet. Ek moet ‘n ander spesialis kry wat slegte nuus beter kan deurgee en ek kan nie opgee nie. ‘n Paar dae later het ons deur Dr Clark se deur vir die heel eerstekeer geloop. Ons sou daarna nog vir amper 6 jaar elke maand hom sien. Dit was nie maklik vir een van ons nie. Daar was die vroeë afsprake, inspuitings, senuwees, meesal hartbreek-slegte-nuus en ook die groot uitgee. Die ergste was om uitgerol te word uit die teater want my eerste vraag was altyd of daar iets was – en meeste van die tyd kon ek die antwoord op my man se gesig lees. Storie word vervolg. Kom weer terug vir die res!

Johannesburgse blogger en vryskutskrywer met 3 katte, 2 kinders en ‘n Ier wat nie weet wat dit is om stil te sit nie. Die familie is vol swerflus, groot planne en baie drome.

Skryf jou opmerking