Sy kyk vir my met haar groot blou halfmaan-oȅ, donker hare, spierwit vel en hoe wangbene. Sy lyk hartseer in die spieȅl. Sy lyk vreemd bekend. Dis ek, maar ook my ma.

In die laaste jaar was die vrou in die spieȅl iemand wat ek wou vermy. Haar gesig het my te hartseer gemaak. Nou sien ek ook daardie familietrekke in my jongste – net met goue hare.

Ek sien steeds daardie laaste 5 weke in my gedagtes. Die laaste dae met hol wangbene. Haar bruin vel van sy sprankel gestroop. My 2 hande om haar koue hand gevou sodat sy weet ek is daar.

Die vrou in die spieȅl is ek maar ook my ma. Soms staar sy terug met ekstra plooitjies om haar oȅ end soms lyk dit of a storm agter hulle woed. Eendag erens sal ek weer die vrou in die spieȅl as net ek sien, maar vir nou is sy ek maar ook my ma.

Author

Johannesburgse blogger en vryskutskrywer met 3 katte, 2 kinders en ‘n Ier wat nie weet wat dit is om stil te sit nie. Die familie is vol swerflus, groot planne en baie drome.

Skryf jou opmerking