Terugblik

Haar hande is uiteindelik stil

Google+ Pinterest LinkedIn Tumblr

Sy was altyd daar vir ons met ‘n brei- of hekelpen in die hand. Sy was ons skooltaxi, kleremaker, koekbakster, grootste ondersteuner langs die sportveld, trooster, briefieskrywer, verorberaar van boeke, beste viendin en kwaaiste kort ma.

Ons is dankbaar vir al die wonderlike tye wat ons saam haar en my pa kon hê – van bo langs die Zambezi en Hwange tot onder in die Kaap. Haar voete het nooit ophou jeuk nie en sy het lank na ons uit die huis was nog my pa na die Kruger Wildtuin bly sleep en ook saam ons families gaan rondry in Mosambiek. Sy het selfs dit oorsee gemaak met haar naamgenoot.

Sy sal altyd deel van ons wees en ons sal altyd die goeie tye onthou, maar ons sal haar dwarstrekkery altyd mis.

Johannesburgse blogger en vryskutskrywer met 3 katte, 2 kinders en ‘n Ier wat nie weet wat dit is om stil te sit nie. Die familie is vol swerflus, groot planne en baie drome.

Skryf jou opmerking